KdK, hoekom Jesus staatsbeskermd maak?

  • 0

Is Jesus almagtig of nie? Hoekom moet Jesus staatsbeskerming kry, teen 'sataniste en agnostici' in SA, dan? As die voordele van wetlik ingestelde staatsvakansiedae weggevat word, hoeveel 'opregte' christene gaan dan oorbly in SA? Ek spekuleer dat 'christene' sal verdwyn in SA, want die WINSGEWENDHEID van kerke gaan dan taan. Met die huidige koop jou vrywaring met tiende van sonde van bedrog en korrupsie dmv kerk by 'JESUS', is daar nie juis 'n verskil met Rooms Katolieke kerk voor die Europese kerkhervorming en jul 'happy clappy' kerktipes in ou winkels om elke straathoek nie. Ek is vir Ware vryheid van staatsgesag in godsdiens in SA en daarom moet christendom se weë skei van staat, in SA se sekulêre grondwetlike bestel. Jou Jesus is mos almagtig en hoef mos nie deur swakkeling skepsels, wat in sonde ontvang en gebore was, beskerm word nie?

Hans Richardt

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top