Kasterolie

  • 1

Vanoggend  het ek 'n lekker skok gekry. Op my vyfuur-bus stad toe  klim 'n tannie en haar laaitie op die bus.

Hulle is eintlik regulars. So saam met nog twee stewige tannies. Dalk die extended-familie. Maar hel, dit is die eerste keer dat hulle voor my sit. En die reuk van kasterolie boul my pens en pootjies. Daai laaitie is so gesmeer dat sy maatjies by die kleuterskool waarskynlik weg van hom sal hardloop.

Maar dit het nagmerries by my aangewakker. Die dae toe jy ten spyte van hengse teenstand vyf eetlepels kasterolie moes drink om "die gestel" reg te ruk. Myns insiens moet tannies nie laaities so kasty nie. Daardie laaitie kan 'n lewenslange vir kasterolie-sindroom ontwikkel.En dalk moet kasterolie as 'n chemiese wapen verbied word.

Dat so 'n tjokkertjie vanoggend 'n Tshwane-busdiens se bus so kon ontwrig het vat guts. Die ma verdien twee glase vol kasterolie.

Net die reuk alleen is foltering ...

 

  • 1

Kommentaar

  • Ek ken nie van kasterolie nie. Ek ken van Borstol, en paragora en witdulsies. Wintergreen (Vicks en Camphor cream). Moenie van Horses Liniment and abrocation vergeet nie. Die medisyne was aan die orde van die dag. Jy het dit gedrink of gedooi.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top