Karoo

  • 0

Ná ‘n lang, lang saadlose droogte
is die Karoo op sterwe.
Verdor, verdroog,
beplooi.
Die moeë lyf bult en sak.
Die yl haartjies
sliert om die kop.
Die nierpypies verstop.
Die asem ‘n wasem.

Maar o, donderweer,
met die gewaar
van ‘n bebliksemde minnaar
word ‘n groen rok oorgegooi.
Sy flikflooi, sy swymel,
strooi soet geure rond,
tintel tot in haar tone,
dans pram in die lug,
word klam in die holtes,
hygroep in die rante.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top