Karoo 'branding'?

  • 1

Ek het al aan ’n organisasie voorgestel om bamboes in Karoodorpe te plant. Dit kan besproei word met halfgesuiwerde rioolwater, want dikwels is daar nie rioolwerke soos in stede nie. Dit kan binne 2-3 jaar ’n rou produk voorsien wat as afdakke vir koelte en windskerms gebruik kan word. Dit kan as ’n tipe "vleiland" gebruik word vir gryswater en ook werk skep, in ’n seisoenale werkomgewing. My voorstel was nie goed ontvang nie. Om met houtdroppers ’n koelte te maak, is baie duur.

Hans Richardt

  • 1

Kommentaar

  • Glad nie ’n slegte idee nie. Die ding is net, bamboes is ’n volksvreemde ding as jy volg wat ek bedoel, pas in die Karoo soos ’n bosluis op jou bolip. Maar, net so vreemd is dennebome, bloekombone, wattle, Port Jacksons. 

    Met die Karoo se klimaat wat hy is, sal bamboes nie oorneem en vervuil soos van die ander vreemde plante nie. Hy sal dus nie ’n indringerplant word nie en beperk word tot die areas waar hy besproei word. En bamboes groei vinnig.

    Ek het seker nie aan al die probleme wat mag opduik gedink nie, maar soos ek nou hier sit, dink ek dit is ’n uitstekende gedagte Hans. Jy sê jou voorstel is nie goed ontvang nie; miskien het jy met die verkeerde organisasie gepraat. Ek kan nie sien dat hierdie idee net sommer so van die tafel gevee word nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top