Karel Schoeman: elegie
What fresh hell is this?
So vertrek die grotes
en gespreksgenote
een na die ander:
my moeder, my mentor,
’n kennis in selfdood
en die gewikste
beoefenaar van stilte.
In die geul van ’n gedig
vra ek met skrupule:
wat vir ’n hel is dié?
Geslepe tref ’n vers
my lank na middernag:
poësie die pleganker
het haar eie prosedure.
Proporsioneel of prorogeer,
dit bly maar altyd
’n kwessie van
prosekusie en prosodie
vir dié wat weet
ou mokkerige Dorothy Parker
had gelyk:
dit bly opnuut
’n weerslag vir die heksagoon.
Joan Hambidge
Kommentaar
Briljant soos altyd. Joan toor met woorde - soos Karel. Ek verstaan nie alles nie, maar die verlies van geliefdes is weliswaar bitter.