Karel die Grote

  • 0

Ek kyk gisteraand die nuus oppie TV. Ons geërde vorige president spreek die skare toe. 
Ek sien in die agtergrond 'n persoon in kamoefleeruniform. Die volgende oomblik spreek die kamoefleerman ook die skare toe. Hy praat iets, maar verstaan nie eintlik nie. Ek kyk toe weer om die man in die kamoefleeruniform te probeer identifiseer. Maar my magtag die is mos Karel. Ek probeer om rangtekens te sien, maar sien niks. Ook geen medaljes nie. Die onderskrifte sê oorlogsveteraan. 

Nou toe nou. Die man is ’n oorlogsveteraan. Slaan my nou met een pap snoek. Wonder of hy nie 'n gewetensbeswaarde van die SAW & Seuns was nie, nou groot generaal van die Manne met die Spiese.

Ek is verstom, Karel se kamoefleeruniform werk glad nie. Ek kon hom nog oppie TV sien.
Amandla ouboet. A luta continua. Vat hulle Flaffie.
Soos die Ingelse sê: "Watch this space" Karel lyk my aspireer vir Hoof van die SANW.
Reusedwerg

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top