regterhand’s oningelig, oor disfunksie, van linker een,
soort ongeskikt’ onderdrukking, meerderheidsverdrukking,
Millennium Drie-heerskappy, minagting van meeste se wens,
nie na wens, o liewe Jena, Heerlikheid, liewe Mensheid, eisj,
verkrimptes steeds teenwoordig, Orania hys hul heel eie vlag,
waarlik, meest’ Mens’s van allergenotvolst’ genieting’ uitgesluit
sien Millennium Drie Homo Sapiens Sapiens “anner” as mededinger,
as vyand, vreemdeling, gevaar, opwekker van vrees, haat, woede,
verobjektiveerbaar, via agitprop, via oorlog, totaal uitwisbaar,
ter wille van eie oorlewing, behoud van eie, van beskawing,
uit die weg t’ruim, t’vernietig, nes Mens daaraan gewend,
aan gevoel van gewetenloosheid gewoond gemaak is
voel minnerheid mos swiet blou-ôl virrie res, anner,
soort soek mos soort, eksklusiwiteit nie t’versmaai,
kom kapitaal-magslis al oor meer as een millennium,
voel’t mossie rêrig, asof Mens só, Mens Self verraai
kanti: Gods Woord, Enigste Weg, Literêr, Verbatim,
nie meer hindernisse in naïwiteit, onskuld se weg,
Skepper’t mos al reeds, Volledig, Sy Reg Besleg,
sal selfs kapitalis verantwoording moet doen,
hom-, haarself, opreg m’t Waarheid t’versoen
Jacobus Faasen