"Kantoorliedtjie" deur Ansie Venter

  • 0

Kantoorliedjie

Ek sit en luister na die kantoor se geluide
Fone wat lui en die zoem van masjiene
Vingers op keyboards en stoele wat kraak
Die rekenaar se skerm wat bewe
Die grootste deel van my lewe

Koor

En ek verlang na die somerson-kus op my wang
Wit strande en groen palmbome
Of die berge se koel waterstrome

Die bosveld se stilte wat roep
’n sonsondergang van my stoep
Die kakiebosreuk in my neus
Dit is waar ek wil wees

Maar die neonlig hou my gevange
Tegnologie die boeie om my hande
En deurskynende trane rol oor my wange
En ek raak al meer bevange

En ek verlang na die somerson-kus op my wang
Wit strande en groen palmbome
Of die berge se koel waterstrome

Die bosveld se stilte wat roep
’n sonsondergang van my stoep
Die kakiebosreuk in my neus
Dit is waar ek wil wees

Die horlosie se arm staan stil
En ek veg teen my eie wil
Want hier moet ek werk tot vanmiddag

Daar is geen uitkoms vir my
En hier sal ek maar moet bly

En ek verlang na die somerson-kus op my wang
Wit strande en groen palmbome
Of die berge se koel waterstrome

Die bosveld se stilte wat roep
’n sonsondergang van my stoep
Die kakiebosreuk in my neus
Dit is waar ek wil wees

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top