Kant, vraagstukke oor oorlog en geloof

  • 1

Hello,

Die onlangse skrywe oor Kant, het my herinner aan ‘n simposium deur ‘n Duitse publikasie gehou tydens die oorlog met Irak om Kant se denke van toepassing op die oorlog te maak. Die brief volg daardie symposium en word soos volg aangebied.

"Twee dinge vul die denke met steeds nuwer en groter bewondering en ontsag, die sterrehemel bo my en die morele wet binne-in my ... Ek sien hulle voor my en verbind hulle direk met die bewustheid van my bestaan."

Bogenoemde word aangevul met die volgende aanhaling uit 'n deel van Kant se werke gedateer 1788, "die Kritiek van die praktiese rede":

"Die nag lug met sy "wêrelde in wêrelde", die "ewigdurende beweging van sterre en planete" in die groot ruimtes van die kosmos, laat die waarnemer daarvan met wonder maar met 'n gevoel van nietigheid en voel die waarnemer klein in vergelyking tot die grootsheid van die kosmos, maar "die morele wet" in die mens, herstel die mens na grootsheid in teenstelling met die nietigheid wat die kosmos vir die mens bring, want die morele wet in die mens is ook oneindig, verby die dood van individue en volke.

"Die morele dryfveer, met voorbeelde soos die volgende, om ander nie te bedrieg nie, of om moord te pleeg is net so groot soos die die grote kosmos en is die gehuisves in die spasie van die menslike skedel maar so groot soos die kosmos. Hierdie moralele dryfveer is net so groots soos die kosmos, die nag lug se "sterrehemel gasheer".

Bogenoemde is inleidende gedagtes en word dit aanvaar dat Immanuel Kant 'n rewolusie veroorsaak in die denke van die mens in die manier oor hoe die mensdom oor God, die heelal dink, as uitvloeisel van Kant se filosofie meer as 200 jaar gelede. Kant se omvattende kritiek oor die "suiwer rede" asook die "praktiese rede" tesame met kant se idees oor 'n toekomstige "wêreld burgerskap" wat gepoog het om die rigtingwyser na wêreld vrede daar te stel is vandag nog 'n factor in filosofiese debat en behoort nie gou agtergelaat te word nie en dra mildelik by tot die filosofiese gesprek.

Die begeerte van Kant vir 'n ewigdurende vrede is 'n belangrike komponent in Kant se denke en is die volgende aanhaling tekenend daarvan:

"Moenie oorlog maak nie, spandeer eerder die tyd aan filosofie, want die lewe is van korte duur en die geheime van die bestaan is menigvuldig"  Kant bied dus meer as net wat die verwantskap tussen die kosmos en die mensdom se denke en morele dryfveer as 'n gelykmatige kosmos in die mens se denke kan bied en is die filosofie oor geweld en oorlog ook belangrik in sy filosofie, waarin Kant aandui, dat oorlog,"die bron van alle boosheid en korrupsie van sedes is" en hoe die morele dryfveer binne die mens, dalk die mensdom kan verlos van ewigdurende konflik en daarmee die gronsdlag 'n "kosmopolitiese wet" die mensdom "ewige vrede" sou bied, nie net vir die huidige nie, maar "in 'n geleidelike konvergensie tot oneindigheid."

Alhoewel Kant meer as 200 jaar gelede gesterf het, is sy filosofie nog steeds staande, en kan daar apart van die inleidende aspekte van Kant se filosofie ook op die volgende gefokus word, die aard van die estetiese in kuns en die natuur, asook Kant se kritiek van die rede, wat deur Kant as die self-bewuste denke, rede beskou word, die finale arbiter van intellektuele volwassenheid wat weerstand bied teen alle godsdienstige denke.

Selfs in die moderne tydvak kan die verband tussen die kritiek van godsdiens tesame met die en vrede teorie met vrug aangewend en die inval van Irak & Afghanistan ou vraagstukke weer na vore laat kom. Ten einde vrede te verseker is die vraag of dit noodsaaklik is om vrede te verseker deur middel van 'n sekulêre regstelsel, gekombineer met 'n duidelike skeiding van gewyde en sekulêre politieke ambisies, van kardinale belang?

Hierdie is weereens net inleidende vrae en word daar op die volgende ook gefokus.

Wat is die noodlot?

Is daar 'n God?

Hoe ver moet diegene wat glo in een God, die openbare sedes in 'n samelewing bepaal of selfs voorskryf?

Waarom is 'n Republikeinse saamgestelde samelewing meer geneig om vrede as enige soort van despotisme? (Heel demokraties)

Is die siel onsterflik?

Is ruimte en tyd oneindig?

Het ons het vrye wil?

Hierdie vraagstukke kan gevind word in Kant se polities mees belangrike werk "Perpetual Vrede 'n filosofiese skets." (1795).

Indien dit van toepassing gemaak sou word op die inval in Irak kan dit soos volg formuleer word:

"Geen land sal met geweld in die grondwet en die regering van 'n ander Staat inmeng nie. Selfs nie as die doelwit van die aanval op die land is om die onderdrukking van die burgers van daardie land te ondersteun nie. Die rede hiervoor is dat die staat is 'n "morele persoon", en sal dit bousteen word van 'n onreg wat nie sal vergeet word nie word en uiteindelik 'n "toekomstige oorlog" bring, soveel so dat die sogenaamde oorwinning van die aanvaller dan geen ware vrede bied maar slegs 'n wapenstilstand" en slegs die "uitstel van die vyandelikhede".

Twee maal was daar al oorlog teen Irak deur die Weste en Amerika en nog steeds is die vrede ontwykend in Irak.

Iran is om die draai en is die vraag of die lesse geleer, onthou sal word.

Want wie 'n ander staat, vir welke rede ookal aanval is self op die spel, sodat "die outonomie van alle lande", in gevaar staan, aangesien lande, state in verhoudings met mekaar staan en kan daar dan in hierdie wettelose toestand, waarin niks anders as oorlog die botoon vier nooit vrede kan bereik nie.

Hierdie is die denke van Kant lank voor die Volkebond en die Verenigde Nasies.

Kant gaan ook verder en dui die volgende aan:

"As (as dit nie kan anders wees in hierdie Grondwet) sal die instemming van die burgers vereis word om te besluit of daar oorlog gevoer moet word, niks is meer natuurlike as dit, omdat hulle al die rampe van oorlog sal ervaar, die verwoesting wat dit nalaat", daarom sal daar huiwering wees om met die verskriklike spel te begin."

In 'n grondwet wat nie 'n republikeinse inslag het nie, die nie demokratiese staat nie, sal dit die verantwoordelikheid van die absolute "staat eienaarskap" wees, maar maklik sal verval tot waar oorlog "as 'n soort van plesier" deur onbenullighede veroorsaak kan word.

Tesame met bogenoemde kan die filosofie van "praktiese geestelike eise" in die politieke arena ook ondersoek word met 'n "kritiek van alle teologie gebaseer weens die spekulatiewe beginsels van die rede inherent aan teologie".

Kant steun op Gotthold Ephraim Lessing, dat daar is baie gelowe, maar net een geloof - in God, maar dat die uitlewing van daardie geloof beperk moet wees tot "private gebruik" in die huishouding, hoogstens, "net 'n huishoudelike aangeleentheid".

Daar is dus 'n duidelike skeiding van staat en godsdiens.

Daar is net een “God” is van die begin van tyd 'n besonderse aggressiewe veroordeling van sogenaamde gelowiges deur gelowiges.

Baie dankie

Wouter

  • 1

Kommentaar

  • Kobus de Klerk

    Wouter,

    Die inhoud van jou artikel eers daar gelaat - moontlik later verdere kommentaar.

    Maar daar is 'n wanpersepsie wat uitstaan en die grondslag is vir baie ander wanpersepsies van agnostici wanneer hulle probeer kommentaar lewer op sake Gods en op religie in die algemeen - dit word vergestalt in jou slotopmerking hierbo "Daar is net een “God” is van die begin van tyd 'n besonderse aggressiewe veroordeling van sogenaamde gelowiges deur gelowiges".

    Daar is nie so iets soos meerdere Gode nie - daar is inderdaad net Een God, anders sou selfs jy as agnostikus kon sien hoe hulle met mekaar sou kompeteer - daar is sekerlik net Een Koning op die Troon van die heelal. Die res is menslike versinsels en wensdenkery. Dit is eintlik so logies.

    Dit bring ons dan by die kwessie van jou gebruik van die konsep 'gelowiges'. Mense wie in die Een ware God glo,is gelowiges. Ander mense, wat hulle eie kulturele versinsels as gode behandel, is nie gelowiges nie, maar ketters. Dus, jy is verkeerd as jy verwys na 'n sogenaamde veroordeling van 'gelowiges deur gelowiges'.

    Terloops, in 'n Godsdienstige sin, beteken 'veroordeel' om iemand tot die hel te verdoem - wat duidelik nie die geval is nie. Om iemand tereg te wys, is juis 'n poging om diesulkes van veroordeling te probeer red deur hulle aan te spoor om af te sien van die gedrag en houding wat hulle uiteindelik veroordeling van God op die hals sal haal. Jou woordkeuse is dus onvanpas weens ontoepaslikheid.

    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top