pleidooi, ’t kort bietjie tyd, deegl’k t’ontdooi,
nesse ryp styk, reg virrie roost’r, en vól geur,
Jan Braai niks re “nalat’nskap” hoef t’b’weer,
taalstryd’rs’t klaa’ allie hulpbronne ontplooi
moed’rtaal’s sam’t moed’rsmelk ing’drink,
wyl BSB-moord’naars glasie soetes klink,
soos skaakmaestros slagoff’rslot b’paal,
tongval toent’rtyd’l leg’tiem: Afrika-taal
op deesk’ Kontinent onthou Mens Moed’r,
ong’skik v’r, onn’rg’skik aan, v’rdeel-b’leid,
sosio-linguïsties g’baseer op haat, op nyd
word Mens so innie steek g’laat, via hoed’r,
nie g’will’g, in staat, ov’rg’zetzynd’, onb’reid,
wort’l-’n-tak yt t’roei: “isiBhulu”-apartheid
Jacobus Faasen

