Allah, Gee Mens Krag, hier, in Afrika,
Wys, ‘s U Blief, Mens, waar’s Paradys,
waar dit voorheen was, so Allerliefliks,
Allah, mapstieks, maar’t was mooi
God, maak Mens vergeet, van “ras”,
van “klas”, Kapitaal-struktuurgeweld,
laat agtergeblewenes’t nie meer ontgeld,
Self-destruksie, onkunde-ontkenning,
alles wat nooit in Paradyssfeer was
as Mens maar net duid’lik sal wil besin,
Spiritueel Gewete te herwin, Self ook,
volledig Mens, volledig Waardig,
toe glad-’n-geheel nie onaardig,
mede-Mens as Kreatuur t’erken,
deur Naasteliefde God se Guns,
Waarheid en Geregtigheid,
Liefde van Sy Almagtigheid,
te bewys teenoor mede-Mens,
prakties, eties, te demonstreer,
waar Gewete was, presies waar,
‘T eintlik presies moet wees,
in volheid van volmaaktheid,
Perfek, Paradigma-in-Praktyk
eish, Vader, gee Mens Genade,
met ’n Groot ‘G’, wragtag, Abba,
nimmer voorheen was U Toetrede,
Rede, so allerbroodnodig benodig
Jacobus Faasen

