"Kan hy dans?" deur Rousseau Pienaar

  • 0

Kan hy dans?

Jou boyfriend speel gholf en hy het goeie krediet
Hy het homself met erns in sy studies verdiep
Sy baadjie voel soos troumateriaal
Maar baby sê my eerlik. Kan hy dans?

Jou boyfriend het ’n groot gevolg by die pub
Hy smokkel so onderlangs met ’n grap
Jy sal hom nimmermeer uitvang
Maar baby sê my eerlik. Kan hy dans?

Jou boyfriend kan beleefde geselskap speel
Hy gee nie voor dat hy koerant lees nie
Jou vriende dink hy is baie sjarmant
Maar baby sê my eerlik. Kan hy dans?

Jou boyfriend en jou pa ondersteun dieselfde span
Die spelers bedank hom op sy bynaam
As die ander span wen kan hy filosofies raak
Maar baby sê my eerlik. Kan hy dans?

Jou boyfriend is ’n invoer-uitvoer-sakeman
Hy het ’n klein wingerd en hy sal betaal
Jy weet waarvan hy hou en jy weet waar jy staan
Maar baby sê my eerlik. Kan hy dans?

Kan hy dans? Kan hy dans soos ons dans ... Kan hy?

As daai wysie op die draaitafel land en … as die ligte dowwer draai en …
As jy so met jou hare speel ... Dan wonder ek

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top