Kan ek maar net sê
Ek is moeg (x3)
Ek is moeg vir al die rassehaat
dis nutteloos en maak my kwaad
Ek is moeg vir al die vloekery en boosheid in musiek
dit maak my ore seer en my siel word baie siek
Ek is moeg vir al die sieklike valsheid van die mens
en al die rugstekery wat op moord grens
Ek is moeg vir al die leuens, maak waarheid aan die orde van die dag
want as ons stil raak, hoor ek hoe die duiwel lag
REFREIN:
Kan ek maar net sê
(maar nie uit ontevredenheid)
ek wil verandering hê
Ek is moeg vir al die afbrekende, negatiewe nuus
almal beïnvloed almal, watter kant moet ek kies?
Ek is moeg vir al die hartseer oë wat so na mens kyk
Ons moet aksie neem dat dinge begin beter lyk
Ek is moeg vir al die lawaai wat in wind verander
Wind wat wegkwyn en ons los met leë hande
En ek is moeg vir ? geloof wat die mens se siel vermoor
almal vra verskoning, maar doen alles oor en oor
REFREIN
Gee om vir die man langs jou, wees opreg
Gee om vir die liefde in jou, wees ? beter mens
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


