Kan agnostiese wetenskap sy eie reëls bepaal?

  • 0

Thomas maak allerlei stellings oor die geloof en die wetenskap en verwys na, onder meer, Hitchins en Sagan.

Natuurlik sou Hitchins sulke aanmerkings maak, naamlik dat bewerings sonder bewyse, ook sonder bewyse verwerp kan word… synde hy ’n ateïs was. Hoe anders? Op só ’n manier word geredeneer om sy persoonlike én wetenskaplike verantwoordelikhede te kan omseil sodat hy nie die (vir die ateïs) onoorkomelike uitdagings wat gelowiges voor die ateïs se deur kom staan maak, hoef te ontmoet nie.

Maar ons almal weet, in die werklike lewe werk dit glad nie so nie. Hoe onwetenskaplik, hoe vals – juis hý wat Hitchins was, wat só die wetenskap as die be-all en end-all probeer voorhou, aan natuurlik almal van hulle hier rond, ook.

Nee, in die werklikheid sou hy dit moes ontmoet, hierdie aansprake van bewys-vir-alles, anders sou hy sý fabrikaat wetenskap-god, nié kon vindikeer nie, omdat dié wetenskap-god, aanspraak sou maak op bewyse vir absoluut álle aansprake, vir álles, insluitende dit self… Maar Hitchins kon natuurlik nooit nie daarin slaag nie, vandaar daardie verontskuldigende, verantwoordelikheid-afwerpende “bewerings sonder bewyse sonder bewyse ook verwerp word” en só is oorlede ateïstiese profeet Hitchins (te laat vir hom) en sy dissipels ook geheel en al on-gevindikeer in hul aansprake rondom die sake Gods, wat natuurlik die omseil-aansprake ook insluit én ten aansien van hulle aansprake rondom die ontstaan van dinge, lewe en mense – die opgesmukte darwinistiese evolusieleer, want hulle kán hulle aansprake nie vindikeer deur objektiewe, gangbare bewys, nie.

Verder, gesien die magtige aanhang wat die Christelike Godsdiens wêreldwyd het en gesien dat bykans 98% van die wêreldbevolking op een of ander manier spiritueel en religieus verkeer, is dit juis die agnostici en veral ook die ateïste onder hulle, wat onmiddellik getipeer sal word as die uitsonderlike groep wat uitsonderlike aansprake sou maak.

So, gemeet aan oorlede ateïstiese profeet Sagan (te laat vir hom ook) se ateïstiese wet, naamlik dat uitsonderlike aansprake uitsonderlike bewyse verg, dat die uitsonderlike aansprake van agnostici en veral ateïste, die uitsonderlike groep (wat juis van hulle die uitsonderlike groep maak), daardie uitsonderlike bewyse verg, moet voorlê.

Tot vandag toe, staan die ateïsme en die ander vorme van ekstreme agnostisisme, steeds geheel en al on-gevindikeer teenoor en jeens hulle eie norme en standaarde – bewyse vir alles wat hulle op aanspraak maak – en ons hou nie asem op nie, want hulle kán nie aan hul eie vereistes vir ander, voldoen nie.

Die Christendom dring nie op dieselfde manier aan op bewyse vir alles nie en is dus nie aan dieselfde rigiditeit gebonde nie, hoewel die Christelike waardes as korrek en gefundeerd Waarheid ervaar en beleef word vir en deur die biljoene wat daarmee omgaan en dus geen herhalende bewys benodig nie.

Sien, Thomas? Daar is geen argument wat jy daarteen kán aanvoer nie.

Daarom maak dit hulle opportunisties oneerlik omtrent hulle aansprake, soos Thomas vir ons probeer voorhou.

Groete,
Kobus de Klerk

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top