Kamer van haar hart
Foto’s teen haar mure,
van historie en geslag
Oorloë en kulture,
van lankal en vandag.
Refrein
Maar hier voel sy veilig,
in die kamer van haar hart.
Want gister is verlore,
en môre is nog ’n dag.
Want gister is verlore,
maar môre is nog ’n dag.
Gedrogte van skadu’s,
wat oral teen die mure dans.
Harmoniese klanke
Van klawers in ’n houtkas
Brug
As die grys die boomtoppe vryf,
verander die dag na nag.
Want elke dag word gevier
in’n gloriese nag.
Refrein
Maar hier voel sy veilig,
in die kamer van haar hart.
Want gister is verlore,
en môre is nog ’n dag.
Want gister is verlore,
en môre is nog ’n dag.
![]() |



