Kaapstad
Vers 1
Ek hoor jou song vir die derde keer op die radio
Terwyl Pretoria aan my truspieël klou
En daar is niks wat my nou meer hier hou nie
Vers 2
Verwyder als, jou naam, jou lewe, jou gesig
Sê my hoe want jy’s deel van wie ek is
Maar daar’s geen twyfel dat niks my meer by jou hou nie
Inleiding
Want dis in sy arms wat ek jou vang
Soos Eva met die appel en die slang
Stap ek uit met ’n tas in my hand
En ’n hart in verband toegedraai... Koor
Kaapstad ek sien jou vanaand
Op die N1 met 6-silinders, wat raserig asemhaal
Kaapstad ek sien jou vanaand
Ek’s ’n swerwer op die horison,
En en my bestemming dra jou naam
Al vat dit vir ewig...
Sien ek jou vanaand…
Vers 3
Bloemfontein stuur ’n sein na my selfoon toe
Tussendeur sms’e wat my naam noem
Maar jou beloftes is nie meer ’n sent vir my werd nie
Vers 4
Dis die storie, die storie elke keer
Op jou knieë het jy gevra kan ons weer probeer
Kan ons weer probeer…
Inleiding
Koor herhaal
![]() |



