Kaapstad
Die maan steek die stad aan die brand
Soos kole in as
brand die straatligte
pêrels in my oë vas
Sy huil
Hy't ? hart van goud
Sy stik haar woorde teen sy kraag vas
Sy stort haar woorde oor sy kraag vars
Hy lewe met sy ken oor haar skouer
Van hier bo
is die stad ? skakelbord
wat met elke minuut stiller word
Strate, ligte, rook, vrate
Hy sit weer langs haar
Die ewigheid in haar oë,
Die beloofde land in syne
Pêrels, rose, treine


