Hier sit ek saam met Gert Terg
Dik gesuip aan die Tassenberg
Hokkie hoog bo die stad se geraas
Nettie sy nooi het hom vir 'n dealer verlaat
Refrein: (x2)
Dis die Kaapstad blues
Ons is sonder vervoer
Met 'n stud in sy oor
Goud in sy tand
Vra my swaer, het sy geen verstand?
Twee glase, 'n dop, die plumbing's verstop
Kom ons twee vat die pad, Joburg, dis 'n groot stad
Refrein
Na 16 lifts, 'n gesuip en rumoer
Land ons in Joburg teedle-dee-doo
Nou mis ons vir Kaapstad, Gert vir sy nooi
Ons woon op die strate, is almal se prooi
Refrein
Ons hitch toe na Bloem
? Gesnorde truckie wil Gert soen
Hy gryp die vent, raak skoon beserk
Ons klim toe maar uit waar die N1 vurk
Refrein
Lift by 'n meisie in 'n 4x4
Tot onder in die mooi Hexrivier
Terug in die stad voor ons hokkie se deur
Daar sit Nettie, het haar les geleer
Refrein
Smile op haar bakkies
Vuil Levi's en Reebok tekkies
Saterdag trou ou Gert met sy Nettie
Op hul huwelik sal ek nie een sent verwed nie
Refrein

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

