"Kaapse Kerstyd" deur Jaydee Belelie

  • 0

Ek smag na ’n Kaapse Kerstyd
Met berge wat blou vertoon
Waar strande glinster en mense baljaar
En so hul harde werk kroon

Ek smag na ’n sonskyn Kerstyd
Met elke SMS wat ek stuur
Mag net pret en geluk jou volg
En so sal jou gemoed (blink) vonkel

Ek smag na ’n Kaapse Kerstyd
Met elke e-pos wat ek kry
Die Krismis-kore in die strate
‘n Vredes-roep reg uit die hart

Mag net opwinding en geluk jou volg
Verwyl ure langs geurende braaivleisvure
Waar strande glinster en mense baljaar
En so sal jou gemoed (blink) vonkel
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top