Kaalvoet

  • 5

Foto: Canva


Kaalvoet

Val in hierdie wêreld in en woel
jou kaal klein tone in die rooi
grond in en hardloop oor die kielie
van die dounat gras en pas dan
jou voete in skoene in – begin stap
’n duisend myl al in die silwer sirkel
van die volmaan se kring en wikkel
jou in die lewe in – intiem en snoesig
soos ’n ou skoen totdat dit weer tyd
is om te gaan dan tuimel jy weer
kaalvoet uit die wêreld uit.

  • 5

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top