"Kaalkop onder die son" deur Jessica Kleinhans

  • 0

Kaalkop onder die son

Verse 1:
Nog ’n jaar gaan verby
Hierdie dag kan ek net nooit vermy
Was sy nog net een dag hier
Was sy nog net ...

Verse 2:
Sal mens ooit kan vergeet
Hoe verlange jou net wegvreet
Was jy nog net een dag hier
Was jy nog net ...

Chorus:
Wat wou jy my sê?
Voor jy op die wolke gaan lê
Ek onthou nog die dag
Toe jy kaalkop onder die son vir my lag

Verse 3:
’n Glasie semi-soet witwyn
Het somtyds altyd jou pyn laat verdwyn
Stuur my weer om ’n menthol te haal
Uit die skelm laai wat jy altyd herhaal

Chorus:
Wat wou jy my sê?
Voor jy op die wolke gaan lê
Ek onthou nog die dag
Toe jy kaalkop onder die son vir my lag

Bridge:
Ek wil jou nie vergeet nie
Ek wil niks anders weet nie
Totdat ek en jy weer saam kan wees nie
Daar is niks meer om te sê nie
Niks meer wat ek wil hê nie
Ek sit hier met onantwoorde vrae
Wens dit wou bedaar ...

Chorus
Wat wou jy my sê?
Voor jy op die wolke gaan lê
Ek onthou nog die dag
Toe jy kaalkop onder die son vir my lag

Outro (verse1):
Nog ’n jaar gaan verby
Hierdie dag kan ek net nooit vermy
Was sy nog net een dag hier
Was sy nog net ...

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top