Ek lees Oester se brief van hoe hy deur die kaalbas dansende meisietjind gevang is. Ek sal nooit my eerste kaalbasfliek in dag des lewens vergeet nie.
Dit was hier teen 1981 se kant. Ek was op daardie stadium 'n amptenaar van 'n bank. Die pel van my bel my en vra dat ek so teen halfvyf op 'n sekere plek moet wees. Ek moet ook ses biere saambring. Wat vir my nogal snaaks was dat die plek waar ek hom moes ontmoet, 'n bar/kroeg was.
Ek is toe halfvyf daar. Hy wag op die sypaadjie. Ons storm toe die huis langs die bar/kroeg in. Hier staan toe sowat tien manne, elkeen met bier in die hand. Toe hulle ons sien gaan hulle aan die juig en word ons summier biere in die hand gestop. Ons staan toe nog bietjie rond vir ander manne om opwagting te maak. Dit was later half donker toe die gordyne toegetrek word en almal op die toegeboude agterstoep sit kry. Die TV en videomasjien word aangeskakel en die fliek begin. Dit is toe Debbie does Dallas.
Almal sit met hul oge op die skerm vasgenael. Ek sien uit die hoek van my oog hier is beweging by die glasdeur. Al wat ek kon uitmaak is die blink knope op die baadjie en die wapen op die pet. Almal spring op en iemand skakel die TV af. Ek en drie ander ouens probeer by die voordeur uit, maar die hek is gesluit. Terug kamer toe. Ek duik van die deur af om onder die bed in te skuif, maar aikôna, die bed is te laag. Ek tel toe die enkelbedjie op en sit dit bo op my neer. Ek kyk toe skuins na die ander bed en sien toe daar is reeds 'n ander ou onder die bed. Wat na 'n ewigheid voel begin die ouens op die stoep erg lawaai. Dis 'n gelag en gevloek en skouerklappe wat uitgedeel word.
Ek en my kamermaat is toe die laastes wat onder luide gekoggel by die groep aansluit. Een van die manne wat saam met ons fliek sit en kyk het, se pel was 'n polisie-reservis. Hy nooi toe die ou om saam te kom kyk, maar hy moet sy uniform aantrek. Ek het in 'n breukdeel van sekondes gesien hoe laai hulle ons saam met "Wagter" en "Rommel" in die "van" in. Ek verloor my werk en ons name word in die dorp uitgeblaker as die skurwe sedeloses.
Ek het nog nie weer 'n kaalbasfliek gekyk nie.
Reusedwerg


Kommentaar
Dankie Reusedwerg....jou skrywe roep aangename herinneringe op. Ek dink daar is heelwat van ons manne uit dieselfde era wat soortgelyke ondervindings beleef het (alles was mos BAIE geheimsinnig en ondergronds gedoen want dis toesluit-dinge gewees daai jare) En Debbie does Dallas was ook my eerste blou video wat ek gesien het, ek het darem agterna nog 'n hele paar gesien, maar ek wil bysê nog nooit weer een wat kon kersvashou met Debbie nie! (seker maar oor dit my eerste was)