"Jy’s nog hier deur" deur Anneke Van Den Heever

  • 0

Ek’t gedink dis oor
En dat ek jou stem nooit weer sal hoor
Ek’t gedink dis verby
En dat ek jou nooit weer naby
Sal voel, of hoor, of sien.

Maar jy’s steeds hier
Jy loop deur my gedagtes uur na uur
En ek kan jou voel
As herinneringe deur my spoel
Dan weet ek jy’s hier by my

Elke oomblik
Elke dag
Elke uur van elke dag
Jy’s nog hier
Hier by my
Elke oomblik
Elke dag
Hoor ek nog jou lag
Ek weet jy’s hier
Hier by my
En dis waar jy sal bly

Jy sal aanhou leef
In my drome sal jy aanhou sweef
En ek sal dan onthou
Dat ek nog so baie dinge wou
Toe jy nog hier was
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top