Jy's in my hande
In my een hand lê die nag
in die ander die dag
tussenin lê dit wat was
en dit wat sal wees
Wanneer ek my vingers vleg
vleg ek jou saam
Sodat jy kan wees
in my gister en my more
Sonder jou
is my aarde broos
breekbaar
fondamentloos
In my een hand lê my vrees
in my een hand lê jou oë
Tussenin lê dit wat ek sien (ongevraagd)
En die wêreld maak my bang
Wanneer ek die keer
my vingers vleg
weef ek jou toe
om die seer te keer
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


