"Jy Wil Hê" deur Stefan Schutte

  • 0

Jy Wil Hê

Ek kan nie leer wat jy nie kan leer nie
Ek kan nie sien wat jy nie kan sien nie
Maar jy wil hê ek moet doen wat jy sê

Ek kan nie verander as jy nie verander nie
Ek kan nie hoor as jy nie luister nie
Maar jy wil hê ek moet jou kan vermy

REFREIN:
Nou sit jy hier voor my
Die trane rol oor jou wange
Nou wil jy hê dit moet als net verby
En jy praat oor jou verlange

Ek wil nie voel wat jy voel nie
Ek wil nie droom wat jy droom nie
Maar jy wil hê ek moet voel wat’s jou pyn

Jy kan nie verwag dat ek moet dink nie
Jy kan nie eers vir jouself dink nie
Maar jy wil hê ek moet iets waardevol bereik.

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top