"Jy met die kantrok" deur Jaydee Belelie

  • 0

So fyn broos en kiets
Te delikaat om aan te vat
So verfrissend soos ’n druppel dou
Bruisend soos branders teen ’n rots

Daar staan sy eenvoudig ,tog trots
Elke beweging spreek van grasie
Vir baie ’n inspirasie

Nie opgetooi, dood natuurlik mooi

Van goeie inbors en edel
‘n Karakter jubelend ongeskend
Sy maak haar merk met woord en daad
Van haar word oral goed gepraat.

Wie sal haar hart kan win en hou
Sy dink glad nie aan trou
Lyk of niks wil help
Nie ’n vet tjekboek of ’n plaas.

Vriendskap , niks meer, maar jy kan probeer
Le jou hart bloot, praat tot laat
Bied haar die heelal al gee jy ‘n diamant
Gehou op ’n afstand
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top