Jy mag nie vleis eet nie!

  • 6

Na alles wat gesê is oor die onderwerp, wonder ek nou wie het die geskiedenis van Adam en Eva in die paradys neergeskryf? As God dan vir hulle klere van leer gemaak het, wie het dit aangeteken? Want Adam en Eva was toe nog die enigste lewende mense op aarde en hulle kon natuurlik nog nie lees en skryf nie.

Sou Adam dit dalk aan sy nageslagte oorgedra het? Dan is dit mos oorgelewerde geskiedenis, en ons weet almal hoe onbetroubaar geskiedenis is wat van geslag tot geslag mondelings oorgedra word. Gewoonlik word stertjies bygelas en dele weggelaat.

Buitendien, wat van die Tien Gebooie, waar daar duidelik staan "Jy mag nie doodslaan nie"? Die Engelse Bybel stel dit vir my duideliker: "Thou shalt not kill". Dan mag die mens ook mos nie diere doodmaak nie, nè!

So is God dan ook 'n kleremaker. Dalk is die velle gebruik van die eerste prototipes mense!

Pieter

  • 6

Kommentaar

  • Beste Pieter,

    Die oomblik toe God vir Adam en Eva geskape het, was hulle volwasse met tieties en alles wat daarby hoort. Miskien het hulle al gepraat in Hoog Galdees, en Aramees, want seer sekerlik moes almal toe al tweetalig wees. (Verskoning aan A G Visser. ) Waarom sou hulle dan nie kon lees of skryf nie?
     
    Van die velklere weet ek nie, ek ken nie my Bybel so goed nie. Ek het altyd gedink hulle het, nadat hulle kennis gemaak het met goed en kwaad, vyeblaartjies gebruik, jy weet, so ministyl.
     
    Die vertalers van die Afrikaanse Bybel is een te slim vir ons. Hulle het die die doodslanery verdoesel met "Jy mag nie moord pleeg nie."
     
    Groete
    Angus
  • The Five Books of Moses: A Translation with Commentary (Robert Alter)- 

    Highlight Location. 9222-26  | Added on Tuesday, June 18, 2013, 07:32 PM
     
    Honor your father and your mother, so that your days may be long on 12 the soil that the LORD your God has given you. You shall not murder.13 14,15,16 You shall not commit adultery. You shall not steal. You shall not bear false 17 witness against your fellow man. You shall not covet your fellow man’s house. You shall not covet your fellow man’s wife, or his male slave, or his slavegirl, or his ox, or his donkey, or anything that your fellow man has.”
     
    ==========
     
    Footnote
     
    13. You shall not murder. Readers thoroughly conditioned by the King James Version’s “Thou shalt not kill” need to be reminded that the Hebrew verb ratsah. clearly means “murder,” not “kill,” and so that ban is specifically on criminal acts of taking of life.
     
    ==========
  • Hello, 

     
    Ek wonder of Pieter nie  'n grondslag soek vir sy redes om 'n vegetariër te wees nie? 
     
    Indien wel, kan die leser die volgende in konteks bring, aangesien Pieter se argumente sy oorsprong in die verhaal van Eden het: (Vir die wat wonder oor J & P kan daar na Chris verwys word wat die argumente agter dit veel beter as ek kan verduidelik). 
     
    The Trial of Innocence: Adam, Eve, and the Yahwist (André LaCocque)
    Kindle Location. 1617-47  | Added on Tuesday, June 18, 2013, 07:56 PM
     
    Convergence and Divergence (Gen 2:4b–6) 
     
    Between J and P, there is a difference of sensitivity. This transpires at different points and engenders archetypal anthropologies that are both strikingly congruent and divergent. 
     
    The congruence is evident regarding the human as a very special creation, in a relationship of intimacy with God and existentially corresponding to Him both in external appearance and spiritual likeness. 
     
    These terms ( s?elem and demuth) are P’s (Gen 1:27); but, as we shall see below, J shares the same basic understanding (see Gen 2:7). 
     
    The divergence is especially clear in regard to the relation of the ’adam with the ’adamah and with the animal. P insists on the human dominance over nature in the name of God. The humans are priestly in the world; as such, they may be seen as the soul of the universe. 
     
    The whole creation is spirited by humanity and, therefore, is under human direction (see Gen 1:28). The universe must be humanized lest the human be reified. 
     
    In J’s vision, there is a similar heterogeneity between the human and the animal, but on this J says more and less that P. On the one hand, he goes further than P in stressing the distance between humanity and animality. 
     
    J even dramatizes their latent antagonism in a unique way. On the other hand, however, the animals are potentially companions for the humans. As such, they are luring the humans. That is, the human is pulled down, so to speak, by lower species; they wield an abysmal attraction. Nature as a whole puts human innocence on trial. The temptation is all the more powerful as, according to J, the human and the animal share the same terrain. Both are called “living beings” (Gen 2:7, 19; 7:21–22; see Ps 103:14; 104:29–30; the whole world, according to Ps 33:6 has been animated by God’s breath [not the same word as in Gen 2:7]). Both are animated and perform similar acts, such as breathing, thinking, speaking, eating, mating. 
     
    The kinship of human and animal is here emphasized (see also Eccl 3:19.) 
     
    Furthermore, Adam comes from the ’adamah, the soil, and this highly special relationship—absent in P—characterizes J’s perspective.15 
     
    We might call this mode “intimism,” borrowing the term from the artistic world. J’s Adam and Eve are intimate with God, but also with their environment. In contrast with P’s human priestly raison d’être and function, J’s human is the average Israelite farmer, in mutual interdependence with the soil. Without humans “to till the ground,” there is “no plant of the field . . . and no herb of the field” (Gen 2:6). This dependency of the soil is dialectically reversed in the statement that the land is to be “served and kept” (2:15; cf. 3:23; 4:2), not exploited and raped at will. 
     
    From a farmer’s perspective, the soil will serve him to the very extent that he serves it. J uses the term ‘abod (to work as a servant) to stress that interdependence. The biblical human is definitely oriented toward the earth. H
     
    Adam is put by God in the garden “to work it and keep it,” that is, to make it what it is and keep it alive. One often emphasizes the bliss of working here implied. On a deeper level, however, a mystique of the Land (that “flows with milk and honey”) lies in the background. 
     
    Over against P’s universe as a cosmic temple in which the human is priestly, J sees the human as a steward—everyone is a “farmer”—in a universe that was meant to be God’s garden and is still in potentiality. 
     
    It is now the Garden itself that is understood as the human sanctuary and Adam’s priesthood consists in keeping the Garden fertile and groomed.
     
    J insists on the Edenic condition of work in the beginning. Human alienation from the environment, however, makes the same task become a drudgery. As such, it strives toward its own redemption and the retrieval of its original privilege.
     
    ==========
     
    Bogenoemde indien daar met simpatie na Pieter se argumente sou gekyk word, alhoewel ek ook hou van 'n T-Bone met skyfies, 'n lekker sous, en 'n melkskommel om dit af te rond, maar het my niggie 'n argument dat sy niks eet wat 'n gesig het nie.........
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
  • Chris Dippenaar

    Hello Wouter

    Ek kan nie besluit of Pieter ons bene trek en of hy ernstig is nie. Soos ek die verskillende bronne van die OT verstaan, gaan hy sukkel om enige een van hulle te isoleer as gekant teen die doodmaak van diere. As hulle almal lieg oor die opdrag van God dat diere nie dood gemaak mag word nie, wanneer en waar kan jy met sekerheid verklaar dat hierdie selfde lot die waarheid praat oor enige iets? Wanneer dit pas by jou eie opinie? Richard Elliott Friedman se boeke (Who Wrote the Bible? & The Bible with Sources Revealed) sal sy taak duidelik uitlig. Vir Pieter gaan dit veel beter wees om iets te lees van Peter Singer en dan sy oortuigings uit te leef ten spyte van wat die Bybel voorskryf of nie. Ek dink nie Petrus by die hek gaan dit teen hom hou nie.

    Die kort aanhaling van André LaCocque wat jy verskaf gee 'n nuwe en oorspronklike interpretasie van Genesis 1 en 2, maar mens moet seker die vraag vra hoeveel van dit was in die gedagtes van die antieke skrywers van hierdie tekste. Die OT is 'n komplekse versameling van geskrifte wat meer as een standpunt stel, en oop is vir veel meer interpretasies. Een van my gunsteling interpretasies van Gen 2 en 3 is dat dit simbolies is van die rol van die koning (Adam) en sy koningin (Eva) wat die tempel (tuin) van God onderhou. 'n Taak waarin hulle misluk wat dan veroorsaak dat hulle uit die tuin gegooi word (die Babiloniese ballingskap). 'n Ander interpretasie sien dit as 'n parallel van die Prometheus-mite. Gen 1 as parallel van die Atrahasis-mite en so kan daar dalk baie ander ook wees, almal minder of meer interessant. Ek probeer glad nie sê dat ek dink LaCocque se interpretasie is swak nie, maar slegs dat dit, soos meeste ander idees, spekulasie is. Oor antieke geskrifte is dit baie keer al wat ons het. Die eerste vraag wat mens seker altyd moet vra is: Wat is die teologiese punt wat die antieke skrywer wil maak? In watter tydperk word hierdie storie opgeskryf en wie is sy gehoor? Dit is gewoonlik 'n goeie riglyn vir geldige interpretasies, al is dit dan net spekulatief.

    Chris

    Ns. Ek volg met groot belangstelling jou en Jaco se uiteensetting van homoseksuele regte. Julle het my volle ondersteuning.

  • Chris Dippenaar

    Ek verwys verkeerdelik na die Atrahasis in plaas van die Enuma Elish hierbo. Ek vra verskoning.

  • Hello Chris, 

     
    Weereens is ek in akkoord met jou en sal nie vashou aan die ontleding wat ek gebied het nie en is terdeë bewus van die menigvuldige ontledings wat moontlik is met die uitleg van die historiese tekste. In daardie geval stem ek dan ook saam dat Pieter moet eerder Peter Singer volg en die se 'animal liberation' en die res van Peter Singer se denke wat daarwerklike verantwoordelikhede plaas op ons vir jou medemens. Peter Singer se uitdaging aan die mens is groot en sal die mens meestal die toets misluk. 
     
    Jou vertrekpunt vir die ontleding van tekste soos jy dit uiteensit is volgens my volkome korrek: 
     
    Wat is die teologiese punt wat die antieke skrywer wil maak? In watter tydperk word hierdie storie opgeskryf en wie is sy gehoor? Dit is gewoonlik 'n goeie riglyn vir geldige interpretasies, al is dit dan net spekulatief.
     
    Hierdie is 'n waardevolle insig en kan daar verwys word na die werk van Professor Carlo Ginzburg en 'n lesing gehou deur hom by Princeton se bekende Institute for Advanced Study, waarin Professor Ginzburg bevestig dat die historikus, en as lesers glo ek dat ek en jy benader hierdie uit 'n historiese oogpunt, moet 'n stel vrae formuleer en dan die antwoorde gaan soek soos dit die vrae beantwoord. 
     
     
    Our Words, and Theirs: A Reflection on the Historian's Craft, Today
    Carlo Ginzburg Professor Emeritus, University of California, 
    October 3, 2011
    What is the relationship between the idiom of the observer (historian, anthropologist) and the idiom of the actors, dead or alive? This question, which has been addressed from widely different (and usually unrelated) points of view, provides an oblique approach to the cognitive, moral, and political implications of the historian’s craft today.
     
    In daardie konteks dan André LaCocque se 'voorlopige antwoord' op twee van jou vrae: 
     
    Wat is die teologiese punt wat die antieke skrywer wil maak? In watter tydperk word hierdie storie opgeskryf en wie is sy gehoor?

     
    Daar is sekerlik 'beter' antwoorde, maar met 'n 3000 jaar afstand sal dit meestal spekulatief wees soos jy tereg bevestig. 
     
    Maar dit is die uitdaging. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top