Na alles wat gesê is oor die onderwerp, wonder ek nou wie het die geskiedenis van Adam en Eva in die paradys neergeskryf? As God dan vir hulle klere van leer gemaak het, wie het dit aangeteken? Want Adam en Eva was toe nog die enigste lewende mense op aarde en hulle kon natuurlik nog nie lees en skryf nie.
Sou Adam dit dalk aan sy nageslagte oorgedra het? Dan is dit mos oorgelewerde geskiedenis, en ons weet almal hoe onbetroubaar geskiedenis is wat van geslag tot geslag mondelings oorgedra word. Gewoonlik word stertjies bygelas en dele weggelaat.
Buitendien, wat van die Tien Gebooie, waar daar duidelik staan "Jy mag nie doodslaan nie"? Die Engelse Bybel stel dit vir my duideliker: "Thou shalt not kill". Dan mag die mens ook mos nie diere doodmaak nie, nè!
So is God dan ook 'n kleremaker. Dalk is die velle gebruik van die eerste prototipes mense!
Pieter


Kommentaar
Beste Pieter,
The Five Books of Moses: A Translation with Commentary (Robert Alter)-
Hello,
Hello Wouter
Ek kan nie besluit of Pieter ons bene trek en of hy ernstig is nie. Soos ek die verskillende bronne van die OT verstaan, gaan hy sukkel om enige een van hulle te isoleer as gekant teen die doodmaak van diere. As hulle almal lieg oor die opdrag van God dat diere nie dood gemaak mag word nie, wanneer en waar kan jy met sekerheid verklaar dat hierdie selfde lot die waarheid praat oor enige iets? Wanneer dit pas by jou eie opinie? Richard Elliott Friedman se boeke (Who Wrote the Bible? & The Bible with Sources Revealed) sal sy taak duidelik uitlig. Vir Pieter gaan dit veel beter wees om iets te lees van Peter Singer en dan sy oortuigings uit te leef ten spyte van wat die Bybel voorskryf of nie. Ek dink nie Petrus by die hek gaan dit teen hom hou nie.
Die kort aanhaling van André LaCocque wat jy verskaf gee 'n nuwe en oorspronklike interpretasie van Genesis 1 en 2, maar mens moet seker die vraag vra hoeveel van dit was in die gedagtes van die antieke skrywers van hierdie tekste. Die OT is 'n komplekse versameling van geskrifte wat meer as een standpunt stel, en oop is vir veel meer interpretasies. Een van my gunsteling interpretasies van Gen 2 en 3 is dat dit simbolies is van die rol van die koning (Adam) en sy koningin (Eva) wat die tempel (tuin) van God onderhou. 'n Taak waarin hulle misluk wat dan veroorsaak dat hulle uit die tuin gegooi word (die Babiloniese ballingskap). 'n Ander interpretasie sien dit as 'n parallel van die Prometheus-mite. Gen 1 as parallel van die Atrahasis-mite en so kan daar dalk baie ander ook wees, almal minder of meer interessant. Ek probeer glad nie sê dat ek dink LaCocque se interpretasie is swak nie, maar slegs dat dit, soos meeste ander idees, spekulasie is. Oor antieke geskrifte is dit baie keer al wat ons het. Die eerste vraag wat mens seker altyd moet vra is: Wat is die teologiese punt wat die antieke skrywer wil maak? In watter tydperk word hierdie storie opgeskryf en wie is sy gehoor? Dit is gewoonlik 'n goeie riglyn vir geldige interpretasies, al is dit dan net spekulatief.
Chris
Ns. Ek volg met groot belangstelling jou en Jaco se uiteensetting van homoseksuele regte. Julle het my volle ondersteuning.
Ek verwys verkeerdelik na die Atrahasis in plaas van die Enuma Elish hierbo. Ek vra verskoning.
Hello Chris,