"Jy maak my my" deur David van den Bergh

  • 0

Jy maak my my

Vers 1:

Jy loop deur my gedagtes
Net jy kan hulle sien
Jy tap my vol as ek leeg is
En sê dat ek beter kan verdien

Jou woorde is soos heuning
Jou hande my kokon
En my winter word weer somer in die hitte van jou son

Refrein:

Jy maak my vry
Breek die mure om my af
Jy maak my vry
Skei die koring van die kaf
Jy maak my my
Jy maak my my
Jy

Vers 2:

Ek neem jou saam op my hemelreise
Waarop jy vrywillig gaan
Jy sien my ster as dit verskiet
En hou dit veilig in jou sekelmaan

Jou tong is dan ’n pen
Wat gedigte op my skryf
En my blanko word weer kleurvol in die reënboog van jou lyf

Refrein:

Jy maak my vry
Breek die mure om my af
Jy maak my vry
Skei die koring van die kaf
Jy maak my my
Jy maak my my
Jy

Vers 3:

Ons stap hier deur jou strate
Jou rug die abba my
In jou arms voel ek veilig
kan geen vrees my onderkry

Op jou skouers staan ek hoog
Sien ek horisonne weer
Saam met jou verdwyn die pyn en verdryf jy al my seer

Refrein:

Jy maak my vry
Breek die mure om my af
Jy maak my vry
Skei die koring van die kaf
Jy maak my my
Jy maak my my
dis jy …

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top