"Jy lewe" deur Talene van Wyk

  • 0

Jy lewe

Soos die wind deur die strate waai
En die stof by my oë inwaai
Soos die seer agterna
En die keer toe iemand jou op hul hande dra

So voel ek
Elke keer as jy
In my drome verskyn

Met min woorde
Maar baie gedagtes
Voel ek soos ’n voël
Ver bo die aarde
Sprei ek my trane
Waar niemand dit kan sien
En niemand dit kan hoor

Soos ’n voël is ek ook vry
Maar dis herinneringe
Wat ek vermy
Die tyd gaan verby
Ons word oud

Die liefde sal nooit verdwyn
Maar vir eers bêre ek myne
In ’n boks in die tuin.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top