"Jy is ’n langvraag" deur Andre van Wyk

  • 0

Jy is 'n langvraag

Ek hou van honde, maar jy het ’n kat
Ek hou van shower, maar jy’t net ’n bad
My vleis moet medium, jy eet dit gaar
Jy leef met asma, maar ek rook sigaar
Ek’s Apple Sourz, jy’s Canderel
Jy onthou alles, ek vergeet om te bel
Ek’s All Gold-tamaties, jy’s mosterdsous
Ek’s ’n doodse  stilte, jy’s ’n staande applous
Jy’s Moeder Teresa, ek’s Saddam Hoessein
Jy’s ’n non-smoking sign, ek’s ’n Camel plain
Ek’s Krugersdorp-wildtuin, jy’s Diaz Hotel
Jou hare’s gestraighten, maar myne kort jel
Ek skree op die waiter, jy gee altyd ’n tip
Jou Levi’s het knope, myne ’n zip
Jy’s tydelik in potlood, ek’s permanent ink
Jy ken die antwoord, maar ek moet eers dink
Koor
Jy’s ’n langvraag, ek’s ’n monkey puzzle
Jy’s ’n rooiwynvrou, ek’s ’n six-pack ou
Jy’s ’n Aston Martin, oee ek’s ’n Junkmail bargain
Jy’s ’n Woolworths-slaai , ek’s ’n Pick n Pay pie
Ek’s ’n stuk charcoal, jy’s ’n diamant
Jy ken die Bybel, ek lees koerant
Ek’s straightforward, jy’t baie issues
Ek’s oupa se sakdoek, jy’s ouma se tissues
Jy sê gebede, ek lees die sterre
Jy slaag met lof, maar ek druip my herre
Jy eet whole wheat, my brood is wit
Jy hardloop Comrades, ek hou van sit
Jy’s Sweets from Heaven, ek’s Seven Eleven
Ek is SABC, jy is DStv
Jy’s Dirty Dancing, ek’s Panic Mechanic,
Jy’s Sex and the City, ek haat die Titanic
Ek is selfsugtig, jy soek ’n kind
Jy is standvastig, ek waai soos die wind
Jy maak die vrede, maar ek pick ’n fight
Ek’s Coca-Cola, jy’s Pepsi Lite
Koor
Jy’s ’n langvraag, ek’s ’n monkey puzzle
Jy’s ’n rooiwynvrou, ek’s ’n six-pack ou
Jy’s ’n Aston Martin, oee ek’s ’n Junkmail bargain
Jy’s ’n Woolworths-slaai , ek’s ’n Pick n Pay pie
Tussenspel
Koor
Jy’s ’n langvraag, ek’s ’n monkey puzzle
Jy’s ’n rooiwynvrou, ek’s ’n six-pack ou
Jy’s ’n Aston Martin, oee ek’s ’n Junkmail bargain
Jy’s ’n Woolworths-slaai , ek’s ’n Pick n Pay pie
Jy is die Palace, ek’s karavaan
Jy speel in Egoli, ek kyk 7de laan
Jy dra net Gucci, ek’s ’n no-name brand
Jy staan in die crowd, ek sing in die band
Ek hou van navy, jy hou van red
Opposites attract
ENOUGH SAID

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

Top