"Jy is!" deur Poem Man

  • 0

Jy is!

jy is die alkohol in my chardonnay
die koppelteken tussen jou-en-my
die oogkontak met elke staar
die bloedvloei in elke aar

jy is die "i" in liefde
die "o" in ordentlik
elke kappie op elke "e"
die bewyse dat ek jou wil hê

jy sit die mooi in blerrie mooi
die sexy in moerse sexy
die steel-my-hart in diefstal
die mal in donners mal

jy is die verstaan in ons verstandhouding
die konneksie in ons liefdeskonneksie
die mooiwees in ons mooiweestye
die aggressie in jou bedonnerdweesbuie

jy is die prentjie in die perfekte prentjie
die ideaal in die ideale oomblik
die gom wat ons twee sal bind
die uiteinde as ons twee mekaar vind


  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top