Geskryf vir: Straatligkinders
Refrein:
Soveel woorde om te gebruik om iets mooi te sê
Woorde wat kan beskryf, al my woorde wat ek ken
Raak gou gedaan om jou, want jy fassineer my
Daar is ? plek in my oë waar ons mekaar ontmoet
As die son te veel skyn of dit reën in ons gemoed
Waar die punte van my vingers jou sag kom groet
Die koffie altyd lekker, lekker soet
Hier speel die radio altyd, ons gunsteling musiek
As ons mekaar raakloop in die straat of ? boetiek
En gesels met woorde wat net ons kan hoor
Ek praat met my hart, jy luister met jou oë
Refrein
Deur die jare se kronkelpad het ons lewens weer hande gevat
Die persoon wat ek herken, vervang my idee van mense ken
Koffie smaak weer soeter as soet, soos die heuningkwas se soen
Kry jou by die Jinglebake Lounge
Refrein

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

