Geskryf vir: Straatligkinders
'n Karoo lam en n bitterbos
bring vir my n bietjie troos
stuur n poskaart deur die pos
stuur n uitgedroogte roos
maar die posadres is uitgekrap
soos my spore in die veld
die laaste hoop wat ek gehad het
met die teerpad weggesmelt
as July my kon hoor
al die dinge wat ek praat
en as July net kon weet
wat maak regtig saak
maar july los vir my
met niks meer as n gedig
die briefie op die bed se naam:
Dis die rede dat ek vlug
n meerkat en n doringboom
hou geheime vir hulself
nes n wortel deur die meerkatgat
sal ek baie diep moet delf
dieper in die kleinkaroo
om na jou te soek
maar niks het my voorberei
vir Graaf Reinett se vloek
as July my kon hoor
al die dinge wat ek praat
en as July net kon weet
wat maak regtig saak
maar july los vir my
met niks meer as n gedig
die briefie op die bed se naam:
Dis die rede dat ek vlug
die langpad na die Wes Transvaal
met niks meer as ongeluk
drie susters en nog Beaufort-Wes
n bitter gal pil om te sluk
ek draai die ruit af in die ry
en met n laaste sug
net so voor ek Colesberg slaan
raak ek ontslae van die gedig
as July my kon hoor
al die dinge wat ek praat
en as July net kon weet
wat maak regtig saak
maar july los vir my
met niks meer as n gedig
die briefie op die bed se naam:
Dis die rede dat ek vlug
en die briefie op die bed se naam ...
is: die rede dat ek vlug!

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

