Jou voorbeeld, Hans Richard

  • 0

Vir Hans Richardt

 

Nou vir wat sal ek jou 'n joiner noem as jy Engelse boeke koop en dit nogal om Hospice te ondersteun? Dis mos edel en jy's 'n goeie voorbeeld.

Wanneer jy wel slapgat sou wees as jy gelate aanvaar dat mense jou motorfiets omstamp, jou vrou beledig, jou werksmense uitbuit, jou groentetuin vertrap, jou ruite stukkend gooi, jou ouers besteel, jou kinders boelie, jou lewenswyse en –uitkyk kritiseer en jou taal versmoor.

Wanneer ek jou 'n joiner sou noem is as jy, in plaas van net gelate aanvaar dat jou taal versmoor word, jy nog lustig meedoen aan die versmoring daarvan en die Engelse, of Duitse, of Spaanse, of Armeense taal bevorder ten koste van jou eie taal.

En jy is mos glad nie betrokke van een van hierdie aktiwiteite nie; ek sien jou nie as 'n ou wat gaan toelaat dat jy rondgef#k word nie, of hoe? Lees weer my vorige brief aan jou, jy't nie goed gelees nie.

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top