Jou stem in my oor
Vanaand was die eerste keer
Vanaand sou ek dit weer probeer
Vanaand is dit klaar met my
Vanaand is dit als klaar verby
Ek raak soms verslaaf, maar ek weet dit voel reg
Daar is ook geen weg, ek sal vir die laaste keer veg
Kom ons dans, kom ons dans
Net vanaand, maan tot maan
Kyk jy soms na die sterre?
Kyk jy soms hoe hul skyn?
So helder, maar tog so dof
Ek soek jou hier, dan kyk ons saam
miskien, net miskien, hoe dans
die kitare en die trompette in die Melkweg
Met ? klank so mooi soos jou stem in my oor
maar tog nie so mooi nie
So sing, sing saam my die die liedjie van die Melkweg
dan sien ons dalk, miskien, net miskien, hoe dans
die kitare en die trompette in die Melkweg
Met ? klank so mooi soos jou stem in my oor
maar tog nie so mooi nie
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


