Jou ouma vir 'n eendvoël
Hak, hak, die plastieksak
laag op die vloer en hoog in die tak
Sien jy dalk jou ouma vir 'n eendvoël aan?
Vanaand maak almal weer die wilde kat mak
REFREIN:
Bietjie-bietjie boetebos, bietjie-bietjie pyn
vanaand spoel my oumatjie weg in die drein
Bietjie-bietjie boetebos, bietjie-bietjie pyn,
vanaand spoel my oumatjie weg in die drein
Hooi, hooi, die hond se vlooi
sewe skone bruide in satyn getooi
Sien jy dalk jou ouma vir ’n eendvoël aan?
Vanaand dink die wewenaars sy’s vreeslik mooi
Brom, brom, brom, die bieliebus kom
hoor hoe tjank die winde in die wasgoedtrom
Sien jy dalk jou ouma vir 'n eendvoël aan?
Eenmaal so gemaak en toe so laat staan
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


