As daar iets is van jou wat ek mis,
is dit daardie mooi bruin amandeloë ...
Oë wat geblink het by kindergeboorte
Wat 'n storie vertel het wanneer jy bly is
Tog kon dit 'n storie diep binne jou vertel ...
As jy pyn weggesteek het ...
En jy sou sê:
"Alles is fine ..."
Daai oë kon 'n verhaal vertel
Van smart tot blydskap
Van liefde tot haat.


Kommentaar
Mooi