Jou lag
Jou lag
dit wriemel in 'n lighter
'n pen, 'n kat
Jou vingerafdruk
oneindig soos water
As ek kliek, skribbel
spin van lekkerkry
Daar's duisende splinters jy
in my, om my, by my
Kyk hoe blond word die grys
kyk hoe tydloos word jou lag
Dit kriewel in 'n wolk
'n skag, 'n glas
Jou skaduwee
oneindig soos water
As ek vryval, vlieg
jou woorde bly sluk
Daar's duisende eggo's van jou
in my, om my, by my
Kyk hoe pers word die blou
kyk hoe tydloos word ...
REFREIN:
Ek smile as ek onthou
hoe jy gesing het vir jou brood
Selfs die oggend van jou dood
perform jy in die stort
Elke kamer 'n operahuis
Elke gebou 'n kapel
Mag ek jou stem steeds bly hoor
want anders het ek jou verloor
Jou lag
dit wriemel in 'n lighter
'n pen, 'n kat
Jou vingerafdruk
oneindig soos water
As ek kliek, skribbel
spin van lekkerkry
Kyk hoe dun word die gordyn
kyk hoe grensloos word jou lag
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


