Jou in bubblewrap toedraai
Êrens anders op vreemde grond
loop jou voete tydelik rond
As ek kon sou ek wou keer
dat niks verskrikliks met jou gebeur
Sê nou jy verloor, of raak weg?
Of jy voel net ewe skielik sleg?
Ek sal seker een of ander tyd moet leer
dat ’n mens nie altyd alles kan beheer
Maar ek wou jou nog in bubblewrap toedraai
Voor ons vir mekaar kon koebaai waai
Dat jy beskermd op jou reis kan gaan
Op eie houtjie, in jou eie baan
Want sê nou hulle stamp jou rond?
En jy val gesig in die grond?
Wat gebeur as iets makeer,
Soos jou voete raak lam en jou bene seer?
Sê nou jou adres kom los?
En jy beland in die verkeerde pos?
Ek sal seker een of ander tyd moet leer
Dat ’n mens nie altyd alles kan beheer
Maar ek wou jou nog in bubblewrap toedraai
Voor ons vir mekaar kon koebaai waai
Dat jy beskermd op jou reis kan gaan
Op eie houtjie, in jou eie baan
En al stap ons nou in verskillende stede
Is jy by my - ek is tevrede
Al stap ons verskillende stede
Bly jy my huis, jy is my hede
Oeee ... Maar ...
Ek wou jou nog in bubblewrap toedraai
Voor ons vir mekaar kon koebaai waai
Tot dat ek jou ophou mis
En jy weer veilig hier by my is.
![]() |



