"Jou afwesigheid" deur Mike Valentine

  • 0

Jou afwesigheid

REFREIN:
Ek lê alleen, dis al ? week
Wat en waarom het ons opgebreek?
My kop is vol, die bottel leeg
Te verstom om selfmoord te oorweeg
Ek kwyn, ek smag, ek pyn, jy lag
Jou beeld verdraai my drome elke nag
Ek ly aan jou afwesigheid en wag

Die geur van jou parfuum, dit maak my mal
My rede om te lewe het verval
Die oorskot van jou soen smaak nou soos gal
Ek is tog nog hier, maar dit is al

REFREIN

Jy vloei deur my are soos rooiwyn
Denke van jou is spykers in my brein
Hoe raak ? man onslae van hierdie pyn?
Ek hou my oë toe, maar jy verskyn

REFREIN

BRUG:
Ek ly aan jou afwesigheid
Jy het wat ons was weggesmyt
My hart en siel is opgesluit
Ek is verslaaf aan jou en dis ? feit
Dis ? feit
Ja, dis ? feit

REFREIN

Ek ly aan jou afwesigheid en wag

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top