"Jou afwesigheid" deur Mike Valentine

  • 0

Jou afwesigheid

Koor:

Ek lê alleen
Dis al ‘n week
Wat en waarom het ons opgebreek?
My kop is vol
Die bottel leeg
Te verstom om selfmoord te oorweeg
Ek kwyn, ek smag, ek pyn, jy lag.
Jou beeld verdraai my drome elke nag
Ek ly aan jou afwesigheid en wag.

Die geur van jou parfuum
Dit maak my mal
My rede om te lewe
Het verval
Die oorskot van jou soen
Smaak nou soos gal
Ek is tog nog hier, maar dit is al.

Koor

Jy vloei deur my are
Soos rooiwyn
Denke van jou is spykers
In my brein
Hoe raak ‘n man onslae
Van hierdie pyn?
Ek hou my oë toe, maar jy verskyn

Koor

Brug:

Ek ly aan jou afwesigheid
Jy het wat ons was, weggesmyt
My hart en siel is opgesluit
Ek is verslaaf aan jou en dis ‘n feit
Dis ‘n feit. Ja dis ‘n feit

Koor:

Ek ly aan jou afwesigheid en wag  (Repeat to fade)

 

   

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top