
Foto: Unsplash.com
Josephina
Van swyende gedienstigheid,
tot flitsende oë en felle bitsigheid,
bars en breek uit haar hart
’n verwese bitterheid,
oor Sy ontredderde woede;
Jissus! Waarom die kastyding?
Waaroor Jou argwaan
en die bliksemse rooiwarm roede?


Kommentaar
Sjoe, die intense emosie spring uit die bladsy.
Sterk gevoel goed vasgevang, kragtig.
Goeie persoonsbeskrywing van haar. 👏