Geskryf vir: Straatligkinders
Jy is die jongste kind
Gebore in ‘n wilde wind
Alles bitter baie deurmekaar
Toe jou heldin ma jou baar
Jy is ’n vrolike kind
Opgewek, die lewe gevind
Nederig arm groot geword
Maar niks gekort
Rukwind kind
Mallemeule vind
Luidkeels lag
Jy is nou volwasse vrou
Reg, gereed om te trou
Huis en drome is gekoop
Alles het so rustig verloop
Jy is nou alleen, enkel vrou
Realiteit het jou hard gekou
Kinders is so gou gebore
Jy en kroos nou verlore
Tornado ruk
Kommer druk
Luidkeels lag
Sukkelend, maar vreugde ryk
Twee kinders waarmee jy pryk
Die toekoms maak jy hede
Weg met die ru verlede
Jy en jou jongste kind
Hardloop nou wild in die wind
Julle is bitter naby aanmekaar
Ma sien die heldin in haar
Jy en jou vrolike kind
Opgewek, in lewe gebind
Gemanierd nederig in sy sport
Daar’s niks wat hy skort
Rukwind kinders
Mallemeule vinders
Luidkeels lag
Volwasse in verhoudings nou
Getrou, gereed om reg te bou
Aan drome en familiehuis koop
Rustig nou, gister alles gesloop
Alleen gesin ’n enkel rou
Realiteit hard jou woordgehou
Goue kinders jou liedjie kore
Die kroos en jy weer gebore
Tornado gees
Kommer genees
Luidkeels lag
Sukkelend, maar vreugde ryk
Twee kinders waarmee jy pryk
Die toekoms maak jy hede
Weg met die ru verlede
Tornado ruk
Kommer druk
Loeiend snik

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

