jonger is ek selfs as jonker

  • 0

jonger is ek selfs as jonker
dryf ver uitgestoot in die donker swart seestroom
geen land geen bodem geen anker
net stukkende vaartuig stikkend
ek gaap wyer as die horison
sluk die vloed wat flitsend verligting adverteer
die wêreld is ‘n leë bierbottel
die aarde dor soos ek na dese
verstrik verstrengel in die onblusbare dors se les

(1992)

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top