jonga, Jena, kanAllah

  • 0

diegene, wie nog opreg glo, inne Skepper,
dié wie nog wil skep, uit Sy Genadeput,
Mens, waarlik Beskikbaar, Sy Waarheid,
Woord leer strykdeur net oor Gelykheid

kanti, liggelowiges, teoretici, akademici,
agnostici, allie “Duiwelspiek”-paparazzi,
Mens, sonner Gewete, oppe dwaalspoor,
onkund’-ontkenning nimmer al so gewild

vra Mens Mens Self af, Millennium Drie-tyd,
is Mens nu finaal verlos, uit daai mentaliteit,
sal Mens nu Gewete herwin, toetree tot Stryd,
versus ‘ras’, ‘klas’, alles in Sy Oë so onvanpas?

Mens, kanala, kameraad, kyk, omni-universeel,
sindroom van struktuurgeweld, woeker, maai,
soos ‘n virus, in siel van samelewing, in nukleus,
van saambestaan, van vreedsaam naasbestaan,
sal tog net dié m’t Gewete Sy Oorwinningstorie,
vannie sterkstes, slimstes, ooit mooi verstaan,
hoe Mens, Self, Lewe kan gee aan Lewe Twee,
dit nie as net nógge teorie sal beoordeel nie

Jacobus Faasen

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top