Jonathan Haidt se transendensie in perspektief

  • 4

Cornelius trek ons aandag op ’n interessante artikel deur ene Jonathan Haidt, professor in sielkunde by die universiteit van Virginia in Amerika.

Haidt reken dat die beoefening van religie die mens of groep onmiskenbaar en onbetwisbaar laat transendeer. Om te transendeer beteken natuurlik dat die individue of groep bo die sinnelike uitreik, die grense van die ervaring oorskry en dit op sigself, bevestig die eksterne krag van spiritualiteit, die onsienlike maar werkende. As die sprituele nie bestaan het nie, sou die mens nie tot die transendentale instaat wees, nie. Dié van ons wat weet, weet dat dit deur en deur spiritualiteit in aksie, is. Haidt besing die ‘miracles’ en opheffing wat daardeur bewerkstellig word en tipeer dit ook as uniek van die mens omdat vreemdelinge dikwels daardeur as een saamgesnoer word.

Maar Haidt wil dit, natuurlik qua sielkundige, probeer verklaar. Haidt is natuurlik ’n selferkende uitgesproke ateïs en daarom, natuurlik, evolusionis – Maar die spirituele aktiwiteite van geloofsgroepe oor die wêreld heen, beïndruk hom, veral as dit by die transendentale gebeurlikhede wat daar geëien word, kom. Op sy eie erkenning is hy al van kindsbeen af só (al is hy Joods as Judais grootgemaak) en is die effek daarvan noodwendig, soos by ander ateïste met hul evolusie, dat hy géén persoonlike ervaring van spiritualiteit het, nie en sal hy dit in die ateïstiese agnostiese kultuur wil probeer verklaar, synde die énigste verwysingsraamwerk waarbinne hy dus kan funksioneer. Hierdie is ’n báie belangrike aspek om mee rekening te hou en sal ook noodwendig sy benadering tipeer en kwalifiseer as dié binne die verwysingsraamwerk van die evolusionistiese ateïs. Dit is ondenkbaar dat hy dit vanuit die hoek van ’n spiritueel bekwame mens sal probeer benader, omdat hy geen ervaring daarvan het, dit nie verstaan nie en ook nie die vermoë het om dit te hanteer, nie – hy is dus spiritueel onbekwaam, onkundig en beskik ook oor geen spirituele intelligensie om dit te kán bewerkstellig, nie.

Dus, hier volg ’n opsommende uittreksel van hoe Haidt dit as ateïstiese evolusionis probeer verklaar:

“Our minds evolved to be religious in tandem with our cultures. Cultures evolve in ways that are somewhat analogous to organisms: as long as groups are competing with each other, then features that foster survival and growth tend to spread; features that are self-destructive become less frequent … Cultural groups that found effective ways to bind non-kin together out-competed groups that were less cohesive. This is a view put forward originally by Charles Darwin, but revived in modern times by the biologists David Sloan Wilson, at Bimghamton University, and Edward O. Wilson, at Harvard. This is a view called "group selection," because it argues that our genes came down to us today not just because some individuals were more fit than their neighbors, but because some groups were more fit (more cohesive and cooperative) than their neighboring groups.”

Haidt se poging verg egter nie behandeling om dit te diskrediteer, nie. Dit is weereens voor die hand liggend, snert. Dat dit religieuse filosofie in sy wese is, is duidelik. Dit het met natuurwetenskap hoegenaamd niks te make, nie. Daar is géén manier hoe Haidt of enigeen anders van hulle, die spulletjie kan bewys, nie.

Maar dit is weens Haidt se onkunde oor sake spiritueel, dat hy die werklike oorsprong van die benadering van Charles Darwin, soos hy dit hierbo verwoord, nié kan eien nie.
Eerstens was mense nog altyd so, van die vroegste rekords van menswees, af – dat hulle religie hulle saambind – en het nié mettertyd só geword, soos die konsep van evolusie hierbo dit probeer uitdruk, nie. Dit weerspreek die darwinistiese hipotese direk.

Tweedens het verloor Haidt uit die oog dat Darwin eers, glo dit as jul wil, ’n teologie student (voor hy natuurlik opgeskop, het) was. Dus, Darwin was bekend daarmee dat geloof mense saambind – die Christelike Godsdiens leer ons en demonstreer, dat die korps van ware gelowiges Spiritueel één is, simbolies uitgedruk as ’n liggaam, die Bruid, en dat algar in hul onderskeie funksies binne geloofsverband, ledemate van daardie één simboliese liggaam is, weens die Gees van God Wie hulle as sodanig saambind – daar is dus hierdie transendentale eenheid. ’n Liggaam nie sonder skeet en gebrek (welke stelselmatig deur God genees word deur die kwaad daaruit te verwyder) nie, maar ’n eenheid, nietemin. Dié konsep en Spirituele werking van geloof in God, is dus al duisende jare vóór Darwin, bekend en bind as transendentaal gelowiges vir talle eeue vóór en ná Darwin, mense saam – juis in Godsdienstige en religieuse verband, presies waar Haidt dit ook aantref – die werkgebied van spiritualiteit.

Nes met sy ander hipotese, het Darwin ook maar net daarby gaan steel en dit in verwronge, leuenagtige gedaante evolusionistiese konteks gaan verwerk. En daarop probeer ‘moderne’ evolusioniste aanklamp want dít is al waartoe evolusioniste in staat is, júís omdat hulle agnostici, ateïste, is sónder enige spirituele bekwaamheid.

Dus, in die slotsom is die geharde en oortuigde ateïs Haidt hoogs beïndruk deur die vrugte van Goddelike Spiritualiteit – hy besing die goeie vrugte daarvan in sy artikel sonder om dit te probeer verbloem, maar weens sy afgestompte spiritualiteit, kan hy die vrugte erken en selfs geniet, maar nié die Bron en Spirituele Wese daarvan, nie.

Terloops, dit is interessant hoe die bioloog Wilson (na wie Ruse verwys het) se naam weer figureer in die evolusionistiese religie verband. Ook interessant om te sien hoe die artikel van Haidt, maar net weer die evolusieleer se filosofie, as die religie van die ateïs, uitwys en Haidt is opgewonde daaroor – tot Ruse se frustrasie, natuurlik. Relevant vir dié van hulle wat dit nog sou wou ontken...
Ten slotte, is dit duidelik hoe subtiel en kragtig die Goddelike Spiritualiteit, is. Mense soos Haidt, en daar is al meer ne meer van hulle, trek dit in hulle bestaanswêreld in, en is openlik opgewonde daaroor - al begryp hulle nog nie die ware aard en wese daarvan nie - die vrugte is wonderlik, en die vrugte getuig van die wonderlike Gewer daarvan! So is dit n kwessie van tyd, en alles sal oor God getuig - soos die Woord ook sê.

Groete,
Kobus de Klerk

 

 

 

  • 4

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Kobus,  

    Ek wens ek kon iets opbouend hier tik.  

    Ongelukkig is jou "perspektief" net nog 'n flagrante oorskatting van jou jare lange eentonige en aprioristiese intellektualisme.    

    Nie net dit nie, soos altyd stront jy sonder om te skroom op jou eie stoepie. In jou paradoksale vergissing strook jy juis met Darwin in jou helse tiksel voorheen [https://www.litnet.co.za/Article/die-kwessie-van-die-hel ]; "Geloof as sodanig, is nie ’n plaasvervanger, nie. Dit is ’n gawe, ’n geskenk, ’n bekwaamheid direk van God af. Dit is in die mens se gene. Die mens is só geskape – een van die kenmerke wat die mens geheel en al van die res van die skepping onderskei. Hierdie eienskap wat só uniek is aan mense, is al deur onafhanklike studie wat deur die Oxford universiteit onderneem is, gedoen en bevestig."  
    Ja Kobus, jy het dit self getik - geloof is geneties - dus kan dit oorgeërf word.
      
    Genetika is inderdaad 'n baie interessante wetenskap. Ek het al menigmaal sonder sukses aan jou probeer bring dat wyl Charles Darwin sy eenvoudige dog waar teorie omtrent die ontwikkeling van spesies deur natuurlike seleksie en mutasie bedink het, het Gregor Mendel net om die hoek sy genetika wette geformuleer. Die twee het skynbaar nooit eens van mekaar geweet nie. Dink net die wonderlike kennis wat tussen die twee here kon ontstaan.  

    As kind het ek die voorreg gehad om my biologie as vak op my duiwe te pas. Enige teeltboer met voëls, hoenders en diere ken die wonder van Mende se wette en genetika.

    Haat ideoloë en dwepers "teel" weer met mense soos jy Kobus - deur ras en geloofs genetiese eienskappe by die mens te probeer suiwer.  

    Teoreties sou 'n mens op grond van jou eie aaname dat geloof iets geneties is kon bepaal dat gelowige ouers noodwendig fundamentele gelowige nasate soos jy sou voortbring.

    Ongelowige afstammelinge word natuurlik weer maklik verklaar aan Darwin se lering dat mutasie en opvolgende seleksie tussen "minder gelowige" nakomelinge, uiteraard "genetiese ongelowiges", of te wel "agnoste" kon meebring.

    Iemand soos ek het dalk 'n dominante geen aan die een en 'n resessiewe geen aan die ander - of so iets ...   

    Hoe ookal sy; wie't jou God gemaak om ander so op hul geloof te takseer Kobus de Klerk?  

    Ek het jou ook seker al genoeg gemaan oor jou dwaling om soos 'n wafferse satanskind aanklaer te wil speel.

    Dis ook uiters steurend hoe jy een oomblik anders gelowiges hoon en die volgende oomblik hulle weer onder jou soort "spirituele mantel" probeer vergader in jou vyandigheid jeens "agnoste". 

    Agge nee wat Kobus de Klerk, dis duidelik diep in jou gene om so te dwaal en te haat ...  

    Is jou kwelling oor ander se transendensie en geloof werklk geneties Kobus?

    Mag Jesus Christus onse HERE ons almal vergewe en self geloof in ons harte bewerk.  

    Jou amigo in Adam,
    Cornelius

  • Kobus de Klerk

    Niemand stel belang in jou 'vermaning' nie, Kerneels, en niemand steur hulle daaraan nie. Ek ook nie.

    Die feit dat jy meer deurmekaar is as enige ander skrywer hier  op die forum, is al lankal vasgestel. Niemand stel in jou snert belang nie. Jou eerste sin som jou op - uit jou kom daar niks opbouend nie.

    Ateïste smeer jou heuning om die mond om agterna met jou te mors en vir jou te lag oor jou onbeteuelde, deurmekaar snert wat jy voortdurend kwytraak. Mens kan net eenvoudig nie altyd daarop reageer nie, weens die eentonige reëlmaat van die geregverdigde kritiek teen jou...

    Jou 'liefde' is oppervlakkige fineer wat jy selektief  voorhou net vir diegene wat jou heuning om die mond smeer (sodat hulle agterna met jou sinnelose insiglose deurmekaar reaksies kan mors - maar dit kan jy mos nie snap nie) en daarom is dit net agnostici wat jou daaroor ‘aanprys’.

    Jy is so ver heen, dat jy nie deurmekaar raak in jou eie agnostisiteit en die front van geloof wat jy probeer voorhou. Ek het jou al tevore gesê - behalwe dat jy ook 'n skepsel van God is, het ek met jou verder geen gemeensaak nie - veral juis nie in Adam, nie. Ek is, danksy die HERE se genade en seën, ’n geredde mens.

    Dan wonder ek of jy self kan besef hoe deurmekaar en insigloos jy werklik voorkom - jy beskrywe jouself as 'n nakomeling van Adam, as skepsel van God, maar met dieselfde smetterige mond bely jy Charles Darwin se doelbewus Goddelose evolusieleer.

    Jy is soos ’n wegloper kind wat die eensaamheid van sy insiglose daad ervaar en dan vir aandag soek – énige aandag, al is dit negatiewe aandag.

    Kortom - gaan speel. En terwyl jy speel, probeer besin, as jy nie te vêr heen is nie. Probeer nederig word, sodat jy by die HERE kan uitkom met Wie se Heilige Naam jy so lasterlik en skandelik mors…

    En laat staan tog asseblief die woordeboek - jy maak dit belaglik in jou aanwending daarvan. Jy het nie die vaagste benul hoe om dit sinvol aan te wend nie - jy probeer uitspattige woorde, waarvan jy die betekenis nie behoorlik kan begryp nie, uitspattig soos goue kettings om jou nek hang om jouself te probeer ophef, terwyl jy in jou  pajamas en pantoffels staan. Besef jy hoe belaglik dit is?

  • Kobussie

    Het jy nou al antwoorde op daardie vrae? Jy weet, die genetika waaroor jy so onwaarhede verkondig het?

    Vragie 1. het 'n hoender of 'n krokodil die meeste of minste "genetiese inligting?

    Vragie 2. Hoe meet jy "meer genetiese inligting"?

    Ek dink jy het nie die waarheid gepraat met jou bewerings oor "meer of minder genetiese inligting" nie.

    Kobussie, het jy antwoorde of probeer jy net onwaarhede verberg onder woordslaaie?

    Kleinkoos

  • Kobus de Klerk

    Kleinkoos, jy verstaan nie my antwoord nie. Die kwessie is afgehandel. Om die antwoord te repeteer, soos jy jou vraag so sotlik repeteer (omdat jy die antwoorde weens jou insigloosheid nie kan verstaan nie) gaan vir jou die saak nie oplos nie - jy het dit nie in jou om te verstaan wat geskrywe word nie. Vir jou is insigvolle antwoorde, slaai. G'n wonder jy is 'n agnostikus, nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top