Johannes Comestor en universiteite

  • 0

Jy is reg. Ek het nog nooit beeldmateriaal gesien oor lang toue voornemende studente by Wits, UCT of Rhodes of enige van die voorheen “tuisland”-universiteite nie. Is die Engels te moeilik daar? Of is diè standaard laer by voorheen “Afrikaanse” universiteite? Dan, wat is ’n mens met ’n BA-graad werd, meer as ’n mens met ’n tegniese vakleerlingskap voltooid, in SA se ontwikkelende derde wêreld-ekonomie, waar grondstowwe nou meer as ooit, uitgevoer word sonder voordeel aan die sekondêre en tersiêre verwerkings waarde toevoeging ekonomie. Yskor maak nie meer staal nie, want staalpryse is net soos hout, dollar gekoppel, maw ingevoer soos Gm koring uit VSA en Rusland vir ons brood. Ons eie produkte uitgevoer teen belaglike pryse. Almal strewe na ’n BA-graad en ’n plek in ’n sepie, as “celeb”? Ek wil nog graag gelykheid in praktyk sien in SA, met die ambagsvrou oral.

Hans Richardt

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top