'Jesus' sonder seksualiteit in Bybel?

  • 1

As ek luister na Bob se "With God on our side", wonder ek darem oor daardie Judas-kus. Daar is die kerklike "Jesus-model" vir vergifnis en gee aan armes. Al seksuele voorbeeld van seksualeit in die evangelies deur Jesus, is ’n voet fetish en ’n soen deur ’n ander man. G’n wonder jou tipiese Calvinistiese christen het so ’n verkrampte beskouing oor seksualiteit nie. Die Jode is baie bewus van seksualiteit, veral as mens die Hooglied-verse lees. Christene behoort dan nie tantrums oor homoseksuele in hul geledere te gooi nie, veral in die lig van dié Judas-kus nie? Ek is nie ’n christen nie en beslis hetroseksueel.

Hans Richardt

  • 1

Kommentaar

  • Ai Hans

    Ek ervaar jou frustrasie en verstaan hoekom jy so voel – omtrent Jesus. Ek sou dalk ook so gevoel het oor iemand wat ekself nog nie ontmoet of leer ken het nie. Vernaam as ander nogal dink hy is ’n verhewe wese en God?

    Maar ek verseker jou dit is die moeite werd om te try?

    Vergeet christene, skrifgeleerdes, sieninge en ander gelowe. Selfs in die Bybelse tyd was daar genoeg van hulle. Ek daag jou uit  om vanaand as jy jou oë sluit voor slaap hierdie sin hardop te sê en net vir ’n oomblik jou hart oop te maak:  "Jesus, ek neem U aan as my Verlosser en Saligmaker. Sal U my try?"

    Selfs ’n kind kan dit doen. Sou dit moeilk kom vir jou? Soms lê die krag van verborgenhede in die eenvoudigste dinge. Vernaam as dit by Jesus kom! Hy is maar net opsoek na ’n liefdesverhouding met jou ... (niks anders nie) En op hierdie oomblik haat jy Hom?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top