Wat kerke verkondig en hoe hul mense hanteer in die praktyk, bly ’n oksimoroon. Jesus is geslagloos en het nooit bv homoseksuele, misdadigers of prostitute weggewys met sy omvattende liefde en vergifnis nie. Tog verkondig die kerke in SA, in die naam van ’n evangeliese seksualiteitlose Jesus, dat net heteroseksuele binne die eg mense, die hiernamaals kan in? Lyk my kerklike Jesus-modelletjies is inherent ’n oksimoroon in wese, sê een ding, maar bedoel in praktyk iets anders volgens kerkwette en ander "vervulde wette" in die ou testament?
Hans Richardt

