Millennium Drie papsak’razzo twitter, twiet, twoedeldoe,
min gepla met mede-Mens, Naaste, se oorlogstres, pyn;
’s daai tyd van neutraliteit, Self-uit-debatforum uithaal,
verwysing na Afrikaans, moedertaal, as dié vannie “Boer”,
getuig van vreesagtigheid vir waarheid, ontbloot van skyn,
allie pseudo-toertjies waarmee Sapiens Self so besig hou
dusdanig, vol leuens, stories aan nasate oorsend,
dié nog minner, m’t Naaste se doen-’n-late gepla,
Mens sou sweer, dié ubuNtu, van umNtu, abaNtu,
post-Marikana, amper post-Mangaung, ter plaatse,
deur perspektiewe in herinnering t’bring, t’onthou,
sou Mens (maar) rêrig weet hoe’t toentertyd was,
inne Plek, sogenaamd “Paradys”, ok b’kint’s “Jena”
sal diegene wie wil hoor, inderdaad dúídelik hoor,
res: dom-nooslik, onkunde-ontkennend, Selwers,
Self-bedrieglik, “Duiwelspiek”-dissipelskaplik, eish,
hul Self lekker besig hou met ultra-Self-destruksie,
hoe meer geraffineerd, verfynd, superwetenskaplik,
hoe beter, vir vervolmaking van sjatansversoeking,
klaa’ bodemdiep Mens, Self, Gewete, binneg’dring
sonner Ú, Meester, Guru, Voorsitter, MC,
sonner Ú, Lotsbeskikker, Almagtigheid,
sonner Ú Trein, oppie Platform, Stasie,
sal Mens rêrig nie weet wattekant toe
Allah, Wêreld, Aarde, inne kondisie,
orals tekens van verval, rewolusie,
sjatan wil, via oorlog, als verwoes,
uitwis, lat selfs ’t leste hulpbron,
Mens S’n, inne voorafbeplande,
ydel’ wapentoepassingstegniek,
via “Duiwelspiek”-siek, destruksie,
tot stand g’bring, sosio-agitproplik,
so super-ultra-versetlik versus,
teen, Prikkel, Skepper Se Sein
O Liewe Vader, Voorsien Mens mette Teken,
kanala, Self-destruksie, nettie “legitiem”,
as uitweg, enigste opsie, opgedien t’word,
nie terwyl Mens, in onskuld, naïwiteit,
ontvang, gebore, gesoog, in vryheid,
gelei word deur leiers, applikeerders,
van Wet, vir Millennia al Fondament,
Waarheid, van U Eigene Geregtigheid,
Nastrewenswaardig, ja, Mens-Waardig
Jena-lidmaatskap mossie só onaardig,
wrintiewaar, my Allah, Magtig, ja-nee
Jacobus Faasen

